Bou moenie breek nie.

Posted Junie 18, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Communication

1 Tess 5:14b

Praat die kleinmoediges moed in…

 Jy weet, ek was van kleinteid af groter as die normale kind, met die gevolg dat almal my gespot het want ‘n mens is mos maar bang vir iets anders(vreemd). Dit het my letsels gegee wat ek tot vandag toe nog by my dra. Dit het ook veroorsaak dat ek elke woord wat ander vir my sê as kritiek aangehoor het. Die een wat die meeste kritiek gekry het was ook die een wat ek die liefste het, my vrou. Dit het aangehou tot sy uiteindelik dit nie meer kon vat nie, en uitgestap het.

Sederdien het ek baie vrae gehad en ooral antwoorde gesoek, maar net antwoorde in die handboek van die mens(die Bybel) gekry. Snaaks is dit nie ? die Here maak ons en dan volg ons ons eie padjie en as ons breek, vat dit ons ook maar baie lank om die handskoen kompartement oop te maak, die handleiding uit te haal en dan daarin  die regte rede vir die stukkend te soek.

Gaan vandag uit en kyk na die mense om jou met Jesus oë, praat met hulle met ‘n Jesus tong en wys hulle tereg deur die Heilige Gees wat in jou is en soos God die Vader na ons luister !

Ek hoop van harte dat elkeen wat hier ‘n draai kom maak werklik aansporing vir die dag kry..

Mag God julle Seen

Communication

Posted Junie 17, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Eph 4:29

 

Let no corrupt communication proceed out of your mouth, but that which is good to the use of edifying, that it may minister grace unto the hearers.

 

 

 

 

English isn’t my mother tong, so I hope I don’t offend any one but here it goes.

Does the way we communicate affect the ones around us?

I’m not saying we don’t communicate but what I ‘m saying is that we communicate in such a way that we tear down other  people around us instead of building them up.

 

When was the last time that you said something to a loved one (parents’, spouse, child, brother, sister, exc.) that was blessing to them and not a curs !

 

May the Lord bless you today and may you be kind to the one’s that needs you blessings the most.

Waar is Hy in jou lewe

Posted Junie 16, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

1 Joh 4:19

Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het.

 

God is binne jou en my bereik. Die limiete van intensieteit wat jy hom ervaar word nie deur Hom vasgestel nie maar deur jou en my. Jy bepaal dus hoe naby en intiem jy met God wil verkeer. Jy bepaal ook op watter afstand jy Hom van jou af hou.

Maak vandag ‘n Keuse en gee Hom volkome beheer oor jou Lewe, trek Hom tot styf teen jou en moet nooit laat gaan nie.

Ek is ‘n tempel

Posted Junie 15, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Tempel

Tags:

1 Kor 6:19 Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:

God kom nie net elke Sondag na ons toe nie want Hy is tog altyd hier deur die Gees , altyd teenwoordig. Is dit nie wonderlik nie, Hy sien alles en weet van alles nog voor ons dit kan doen of se. Hy ken ons en dra ons as ons hom net inlaat en toelaat. Prys die Here.

Die lewe is moeilik genoeg…

Posted Junie 14, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Gehoorsaamheid

Ons maak dit moeiliker deur ons lewens in ‘n heel ander rigting in te stuur as wat ons Skepper se oorspronklike plan was, en raak dan omgekrap as dit nie heeltemal uitwerk soos ons dit beplan het nie.  Ja wanneer die Here ons terugruk in die rigting wat Hy vir ons lewens beplan het.  Moet ons nie teruggaan – soos die Engelse se:  Back to basics – en Jesus se voorbeeld volg nie.  Hy kon enigiets word en wees, ‘n geneesheer vir ewig, ‘n aardse koning vir ewig, maar hy het gekies om te doen wat ons Vader vir Hom beplan het en dit was:  Om miljoene lewens te red.  Lukas 19:10  ‘Die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is…’