Rein hart

Posted Julie 4, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: The Heart

Mat 5:8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal

 God sien.

 

Dink die naweek hieraan jy hoef niks te doen nie net vir Jesus in jou hart in te vra en hy maak jou rien (1Joh 1:9) en dan belowe Matt 5:8 dat jy God sal sien.

Wonderlik is dit nie?

Jy moet net opreg wees!

Lekker naweek

Sterk hande

Posted Julie 2, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Gehoorsaamheid

3:16b  Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie!

 

Laat ons alle vrese agter ons sit laat ons voorentoe kyk met verwagting en laat ons vandag begin om ons moedeloose hande, wat slap hang (soos die ou vertaling se ) laat sterk word en krag beleef soos ons nog nie in ons leeftyd gesien is nie.

 

Dit kan gebeur as ons net op ons kniee val en hom as redder aanneem en vra om deur ons te werk!

 

Geniet hierdie wonderlike dag!!!

Verlaat

Posted Julie 1, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Gehoorsaamheid

Markus 14:49-50 Dag vir dag was Ek by julle besig om die mense in die tempel te leer en julle het My nie gevange geneem nie. Maar die Skrif moet in vervulling gaan.”  Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.

 

Vandag wil ek nie baie se nie. Ek wil eindlik net een vraag vra en dit is : “As die mense om ons begin saamdrom,  hoeveel van ons doen wat Sy dissipels gedoen het?

 

“Staan sterk Hierdie week”

Vreugde

Posted Junie 30, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Vreugde

Psa 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat

                   jou hart begeer.

 

As ons om ons rond kyk sien ons so veel hardseer en ongelukkege mense. Ek wil amper se 90% van die mense om ons is ongelukkeg  kyk ‘n biekie om jou in die verkeer of by jou kantoor of in die supermark. Dan dink ek dit is omdat ons almal in die veiand se web en leun   vasge vang is, die leun wat se sorg dat jy eers gelukkeg is en dan sal die res vanself kom en dat geld die grootste bron van geluk is.

Wel ek wil se dat Dawid  2000 jaar BC al die regte en maklikste antwoord geken het.

 

 

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

‘n Wag

Posted Junie 27, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: EIE EK

Psa 141:3     Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor   

                       wat ek sê.

 

 

Hoeveel van ons praat of doen iets nog voor ons gedink het? Ek dink dat dit, juis dit is wat die oorsaak van depressie, in so veel van ons is. Ons praat en nog voor ons kan keer is daai lelike ding of daai verkeerde gebaar uit, en dan sneeu bal alles, want die veiant is ‘n meester om ons voute uit te byt .Dan kom die probleme want sonde bring depressie en voor ons, ons kan kry neem negatiewe gedagtes en dade die oorhand. Dit is die modesoperandum van die vieand want op die manier laat hy ons geloof Kwyn. Sulke goed laat ons op die rand van die afgrond. Gelukkeg vir ons het die ps digter die antwoord en oplossing geken, duisende jare voor Jesus se geboorte.  Vra die Here om die wag voor ons mond te wees en as ons ‘n vout gemaak het vra Jesus om vergifnis en ook om jul die krag te gee om groot genoeg te wees om die een wat jy seer gemaak het ook om vergifnis te vra.

 

Gebed

Here Jesus

Dankie dat ons elke dag meer en meer uit die handbook van die Lewe (die Bybel) kan leer en al word ons 150 jaar oud sal ons elke dag nog leer want dit is wat U vir ons lewens wil. Help ons om ‘n wag voor ons monde te sit en te hou.

Amen.

NIKS

Posted Junie 25, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: EIE EK

Gen 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

 

 

In die begin was daar niks en God het van niks iets gemaak. Ja hy het hierdie wonderlike wereld wat ons in lewe van niks gemaak. Elke blom , elke boom elke dier, die berge ,see, visse , grasvlaktes, valeie ja alles.

Nou wonder ek moet ons nie ook niks word in Sy oe voor Hy iets van ons wil en kan maak nie?

God’s nature

Posted Junie 24, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: The Heart

Eph 5:19-21  speaking one to another in psalms and hymns and spiritual songs, singing and making melody with your heart to the Lord; giving thanks always for all things in the name of our Lord Jesus Christ to God, even the Father; subjecting yourselves one to another in the fear of Christ.

 

We get up every morning go to work, walk over other people, just to clime the corporate ladder and then walk away, leaving those whom we have trampled on rite there to bleed.

 

I’m not saying trample by deeds, but by words!

If  I hit you , you’ll have a red mark for a few moments and then it go’s away. But an emotional scar does not heal that fast, some times it never heals.

People say it is our nature to speak badly of others.

 

This brings me to the scripturespeaking one to another in psalms and hymns

 

God’s nature is “love”

If God is in your Heart, His nature will come out of  your  mouth.

Tempel

Posted Junie 21, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

 

                                                         2 Kor 13:5

 

Stel julleself op die proef en ondersoek

 julleself of julle in die geloof lewe.

Besef julle dan nie self dat Christus

Jesus in julle is nie? So nie, het julle

die toets nie deurstaan nie.

 

Ons het Hom in ons want ons is die tempel van die heilige gees! Nou is die vraag :Hoeveel van wat ons doen dra sy stempel van goedkeuring weg? Hetsy ons persoonlike verhoudings, ons besigheids transaksies, daai man wat ‘n omkoop geldjie wil he of selfs hoe ons vreemdes of daai man wat voor jou in die verkeer ingesny het behandel en hanter. Wat van aardse dinge ?

Ons raak so verknog aan aardse dinge dat ons, ons lewe volgens dit lei.

Dus, deurstaan ons die toets? Deurstaan Jy die toets?

Hier is ‘n gedagte wat jy dalk min aan dink:

Die spreekwoord se “’n Mens leef net eenkeer,doen wat jou gelukkig maak”

Het jy al gedink wat is 70 of selfs 80 jaar in vergelyking met die ewigheid. Waar is jou ewigheid gesetel, in die Hemel of in die Hel ?

 

 

Gebed:

Here Jesus ons mense is swak en nietig en ons is so kortsigtig. Ons belei vandag weer opreg dat U die skepper is, dat U regverdig is en dat U verhewe is ver bo die ganse skepping. Here dankie vir die wonderlike belofte in Ps 37:4 wat ons uitdaag met die woorde “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Dankie Vader, dankie Jesus, dankie Heilige Gees.

Amen

Hy herstel

Posted Junie 20, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Job 8:5-6  

As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

 

 

 

Hoeveel keer se ons nie “dinge kan nie verander nie” of hoeveel van ons het al in die verlede  na die boek Job gekyk as ‘n boek propvol hartseer en kastyding? Nou ons almal probeer maar Job mis lees want 42 hoofstukke van ‘n geween en gekerm is om baie eerlik te wees nie pret nie, maar sommer hier in die 8 ste hoofstuk lees ons hierdie wonderlike belofte raak.

EK dink ons moet ophou om die ou bekende stukkies raak te lees en ‘n biekie begin delf in die Skatkus wat voor ons le!!

Geniet die dag en mag ons Hemelse Vader julle elkeen se Wonings herstel ooreenkomstig aan jou geregtigheid. Mag julle seen ontvang as die Gees oor julle kom en mag julle Sy getuies wees in Samaria(jou dorp), Judea(jou huis) en tot in die uithoeke van die wereld !!!!!! 

 

Glo

Posted Junie 19, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Psa 116:10

 

Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my

 

Baie mense in die lewe se as jy iets nie kan sien nie kan dit nie geglo word nie !!

miskien is dit jou uitkyk op die lewe ook. Nou wil ek die stelling maak dat dit darm eienaardig is dat die mense wat so se ook die mense is wat nou hier op die internet lees. Jy se nou jy kan dit mos hier sien , dan se ek ,ek kan my God se werke ooral om my raaksien.

Soos ons nie die internet kan vasvang en se hier is hy nie net so min kan jy God vas hou en se hier is Hy nie.

Jy werk en surf op die net uit geloof net so glo jy God bestaan.