Posted September 26, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Opb 3:8

Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.

 

Hierdie teks begin sommer skrikwekkend. Ek dink dat enige iemand wat dit lees behoort te bewe want niks is geheim nie, niks! HY weet alles, maar dan kom die deel wat se Hy stuur ons in rigtinge in waar Hy ons wil he en Hy gebruik alle  omstandighede tot Sy groter plan en doel. Kyk ons kan skop en slaan en op die grond neerval maar die verander niks aan die feit dat Hy ons verander wanneer en hoe Hy wil. Nou hier aan die einde van die teks kom die beste van alles en dit is: Hy weet hoe swak en nietig ons is en dat ons nie in ons self enige krag of waarde het nie en dat ons net deur die Gees krag het om Sy gebooie te onderhou maar nogsteeds bly hy lief vir ons en sorg vir ons al dra hy ons permanent.

 

Dank God omdat Hy groot en getrou is!!!

Genade

Posted Augustus 11, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

1Kor 1:6-8 Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan ‘n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie.

 

Hierdie is vir my persoonlik een van die mooiste beloftes in die Bybel. Dink net vir ‘n oomblik hieroor. Ons Here Jesus sal ons laat vas staan tot die einde. Ons hoef niks te doen nie( wel nie in werklikheid nie want as Hy jou gered het kan jy nie anders om vir Hom te werk en jou beste te gee in elke opsig van die lewe nie want jy het hierdie brandende gevoel hier in jou wat jou dryf met ‘n onstuitbare krag en mag) Hy laat jou vas staan , sodat daar geen aanklag teen jou kan wees nie. Waar in hierdie deurmekaar lewe van ons kan jy ‘n werk kry, niks doen nie, en dan nog aan die einde van die maand nog ‘n salaris kry. Dit klink vir my heel skaflik.

 

Dankie Here vir sulke onverdiende genade!!

Laminin

Posted Augustus 4, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: God

Kol 1:17   Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles

                 in stand.

 

 

 

Ek het gister ‘n DVD gekyk “How great is our God” deur Louis Giglio en kom toe op die daarin af . Die DNA wat die menslike ligaam instand hou en aan mekaar hou se naam is “Laminin”.

 

 

 

Hier is ‘n foto daarvan.                     

 

 

Lyk dit nie net soos die nie?

 

 

 

How Great is our God ? !!

 

 

 

 

 

 

 

 

Konings

Posted Augustus 4, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Ps 21:1 Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid. (21:2) Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig.

 

Hierdie een is vir die mans, vrouens ka nook maar lees en maak met dit wat die Gees hul lei om met dit te doen.

Die Here het ons aangestel as Konings oor ons huis, om te heers en te regeer. As ons dus konings in ons huis is moet ons regeer soos Hy dit sou doen en ons teks vers wys ons hoe en dit is nie deur te skel en baklei nie maar deur te jubel en juig. Wanneer laas het jou vrou jou dit sien doen?

Sing jy openlik in die kerk of by jou huis of selfs in jou motor? Het jy al Sy oorwinning gekry?

 

“dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig.”  Maak dit jou leuse vir die res van jou lewe!

Doen Beter

Posted Julie 23, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

1Ti 1:14 Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in

               Christus Jesus.

 

Kom ons speel vandag ‘n speletjie!

As iemand ons beledig dan se ons dankie. As iemand van ons kwaat praat praat goed van hom of haar. As iemand ons seermaak probeer om liefde terug te gee en laastens kom ons kyk of ons nie 15min extra aan Hom kan gee nie.

Jy sal sien as jy net doen wat hierbo staan gee jy klaar 3 ure aan Hom want Sy gesindheid word deur jou geopenbaar.

 

Hou goeie moed want jy het deel in Christus Jesus

Bid

Posted Julie 22, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Jak 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

 

Wie in vandag se lewe, waar die rentekoer die hoogte inskiet & brandstof pryse is waar dit is, om nie eers te praat van kos nie, kry nie swaar nie? Nou is dit nie wonderlik dat die handbook van die mens +/- 2000 jaar gelede vir ons die antwoord gehad het nie?

Dus bid as jy probleme het en glo vas.

 

Jesus self het belowe: Mar 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

 

Betroubaar

Posted Julie 21, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Gehoorsaamheid

Luk 16:10 “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.

 

 

Ons kan so maklik se “die of daai het gebeur en ek weet nie hoekpom nie!” My vraag vandag is, is ons eerlik in ALLES wat ons doen of nie? En dit is iets wat jy net met jouself en God kan uitmaak. Maar onthou dat ek en jy ‘n duidelike vermaning kry van Jesus self in Luk 16:10 en as ons met groot goed vertrou wil word sal ons ook met klein goed eerlik moet wees.

 

Vra Hom om jou betroubaar te maak en staan vas in beproewing, met die biekie wat jy het en kyk hou dit omskep word in baie!

 

Wees hierdie week ‘n goei rendmester vir Hom!!

“Sorry”

Posted Julie 18, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Uncategorized

Luk 15:27-30  Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.

 

Ek wil ons vokus skyf van die verlore seun na die konvlik tussen 2 broers. Is ons nie maar net soos die oudste broer nie? Dit is vir ons in vandag se lewe so maklik om vir ons broer/suster (bloed of geestelik) kwaad te word en te bly vir die res van ons lewens.

Ons weet nie of die broer ingegaan het nie want die “punch line” is nie die broers nie maar die verlore seun, maar ek lees nou die dag ‘n boek en die skrywer se elke keer as ons die selfde deel van die Woord oor lees kry ons ‘n ander boodskap en dit is wat hier gebeur.

In ons lewens het ons nie altyd ‘n pa wat ons saak kan gaan beredder nie maar ons het die Gees om ons te lei en om ons aante kla en ons, ons tekortkomeninge te wys. As ons eerlik met ons self is, sal ons eerder 200 woorde uit woede en self verdedeging se as om die woord “Sorry” te gebruik.

Ek doen vandag ‘n beroep op elke mens daar buite, wees die minste, se jy is jammer, al is dit nie jou vout nie, want jy weet nooit wat more vir jou inhou nie.

As jy nie “sorry” se nie sal jy met jou gewete kan saamleef as ons Vader daai persoon more kom haal?

 

Maak vrede en voel hoe lig jou gemoed word

 

Lekker naweek!

‘n Aangename geur

Posted Julie 17, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: Wees jouself

2 Kor 2:14 Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.

 

Lees weer die sin van “Hy voer” af . Ons gaan saam op Sy triomf tog.

Is dit nie wonderlik nie ons hoef niks te doen nie. Sy woord verspei deur ons soos ‘n aangename geur. Soos een van my groot geestelike helde “Uncle Sam” altyd gese het wees nederig as jy moet wees maar staan vas in wat reg en billik is.

 

Ek moet erken dat ons uitverkorenis dit darm maar baie keer vir ander eerder ‘n stank maak deur hoogmoed en wat nie reg en billik is te doen nie. Weet julle, ons moet eintlik niks doen behalwe die mens te wees wat God wil he ons moet wees nie. Ons hoef nie ons Vader in ander se keel af te druk nie en ons hoef nie ander ‘n afsku in Hom te gee nie. As ons leef soos die Gees ons lei, plant ons die saadjie klaar want dan wil ander soos ons leef en he wat ons het.

 

Wees vandag net jouself en laat die Gees jou lei in alles wat jy doen en jy sal ‘n aangename geur verspei!

Skatta wat saak maak

Posted Julie 16, 2008 deur inSyarms
Kategorieë: The Heart

Mat 6:19 “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel

                              en waar diewe inbreek en dit steel nie.Maak vir julle skatte in die hemel

             bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en

       dit steel nie.

 

Is dit nie snaaks in hierdie wereld van ons jag ons, in hierdie “rat race” so na geld dat veral ons  mans  die belangrikste goed in ons lewens mis nie?

Ons soek betekenis in huise , karre, belegings wat alles verganklik is, en los goed soos ‘n goeie naam op die sypadjie vir ander om te plunder.

Wat van ons kinders is dit nie ‘n skat in die hemel as ons hulle groot maak om Godsvreesend te leef en Hom bo alles lief te he nie?

 

 

Gee meer aandag aan die dinge wat saakmaak en God sal self die minder belangrike dinge vir ons uitsorteer!!