Archive for the ‘EIE EK’ category

‘n Wag

Junie 27, 2008

Psa 141:3     Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor   

                       wat ek sê.

 

 

Hoeveel van ons praat of doen iets nog voor ons gedink het? Ek dink dat dit, juis dit is wat die oorsaak van depressie, in so veel van ons is. Ons praat en nog voor ons kan keer is daai lelike ding of daai verkeerde gebaar uit, en dan sneeu bal alles, want die veiant is ‘n meester om ons voute uit te byt .Dan kom die probleme want sonde bring depressie en voor ons, ons kan kry neem negatiewe gedagtes en dade die oorhand. Dit is die modesoperandum van die vieand want op die manier laat hy ons geloof Kwyn. Sulke goed laat ons op die rand van die afgrond. Gelukkeg vir ons het die ps digter die antwoord en oplossing geken, duisende jare voor Jesus se geboorte.  Vra die Here om die wag voor ons mond te wees en as ons ‘n vout gemaak het vra Jesus om vergifnis en ook om jul die krag te gee om groot genoeg te wees om die een wat jy seer gemaak het ook om vergifnis te vra.

 

Gebed

Here Jesus

Dankie dat ons elke dag meer en meer uit die handbook van die Lewe (die Bybel) kan leer en al word ons 150 jaar oud sal ons elke dag nog leer want dit is wat U vir ons lewens wil. Help ons om ‘n wag voor ons monde te sit en te hou.

Amen.

NIKS

Junie 25, 2008

Gen 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

 

 

In die begin was daar niks en God het van niks iets gemaak. Ja hy het hierdie wonderlike wereld wat ons in lewe van niks gemaak. Elke blom , elke boom elke dier, die berge ,see, visse , grasvlaktes, valeie ja alles.

Nou wonder ek moet ons nie ook niks word in Sy oe voor Hy iets van ons wil en kan maak nie?